Amos 7:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here God het my 'n gesig laat sien: Hy was besig om 'n sprinkaanswerm te vorm toe die gras weer begin uitspruit het nadat die koning se hooi af was.

2. Die sprinkane sou al die groenigheid in die land afvreet, en ek het gesê: “Here my God, vergewe tog vir Jakob! Hoe sal hy staande bly? Hy is klein!”

3. Die Here het toe van sy voorneme afgesien, Hy het gesê: Dit sal nie gebeur nie.

4. Die Here my God het my 'n gesig laat sien: Hy het 'n vuur opgeroep tot straf, en die vuur het die groot watervloed laat opdroog en dit sou ook die bewerkte grond verteer het.

Amos 7