Amos 5:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hoor hierdie woord wat ek teen julle moet sê,hierdie treurlied, Israel:

2. Israel het geval en hy sal nie weer opstaan nie;hy lê neergegooi op sy gronden niemand help hom op nie.

3. So het die Here my God gesê:Die stad wat met duisend gaan aanval,hou net honderd oor,en dié een wat met honderd aanval,hou net tien oor vir Israel.

4. So sê die Here vir Israel:Vra na my wil, dan sal julle lewe!

5. Moenie in Bet-El gaan raad soek nie,moenie na Gilgal toe gaanof verbygaan Berseba toe nie.Gilgal sal in ballingskap weggevoer word,en Bet-El sal tot niet gaan.

6. Vra na die wil van die Here, dan sal julle lewe!As julle dit nie doen nie,sal die Here vir Josef soos 'n vuur tref,'n vuur wat vir Bet-El sal verteersonder dat iemand dit kan blus.

7. Julle maak van die regspraak 'n bitter saak,julle trap die reg in die grond in.

8. Hy deur wie die Sewester en Orion gemaak is,Hy wat die donker in oggendlig veranderen die dag donker nag laat word,Hy wat die water van die see roepen dit oor die aarde uitstort,sy Naam is die Here.

9. Dit is Hy wat die magtige met vernietiging tref,wat vernietiging oor die vestingstad bring.

10. Julle haat dié wat vir die reg opkom in die howe,julle verafsku dié wat die waarheid praat.

11. Omdat julle die arm mens vertrapen van hom koring afpers,sal julle nie woon in die huise van gekapte klip wat julle bou nieen sal julle nie die wyn drink van die pragtige wingerdewat julle plant nie.

12. Ek weet hoe baie julle oortredings is,hoe groot julle sondes is,julle wat die vyande is van dié wat reg doen,julle wat julle laat omkoopen nie aan die armes reg laat geskied nie.

13. Dit is daarom dat 'n verstandige mens maar stilbly in hierdie tyd,want dit is 'n bose tyd.

14. Probeer goed doen, nie verkeerd nie, dat julle kan lewe!Dan sal die Here die almagtige God so by julle weessoos julle sê dat Hy is.

15. Julle moet haat wat verkeerd is,julle moet liefhê wat goed is,julle moet opkom vir die reg in die howe.Dan sal die Here die almagtige God Hom dalk ontfermoor wat daar van Josef oor is.

16. So sê die Here, die almagtige God, die Here:Die mense sal treur op al die oop ruimtes,hulle sal op al die strate sê: “Ag tog, ag tog!”Hulle sal die boere en die treursangers roepom saam te kom treur.

Amos 5