Amos 2:9-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Ek het die Amoriete wat hoog soos seders is,sterk soos eike, uitgeroei om vir julle plek te maak, Israeliete!

10. Ek het julle uit Egipte laat trek,Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn gelei,Ek het julle die land van die Amoriete in besit laat neem,

11. Ek het van julle seuns as profete laat optreeen van julle jongmanne as nasireërs.Is dit nie so nie, Israeliete?vra die Here.

12. Maar julle het die nasireërs laat wyn drinken die profete belet om as profete op te tree.

13. Daarom laat ek julle vasval net waar julle issoos 'n wa vasval wat te vol gerwe is.

14. Die vinnige sal nie kan vlug nie,die sterke se krag sal hom niks baat nie,die dapper soldaat sal homself nie kan red nie.

15. Wie met pyl en boog veg, sal nie kan weerstand bied nie,die vinnige sal nie kan weghardloop nie,die ruiter sal homself nie kan red nie.

16. Selfs die sterkste soldaat sal daardie dag kaal wegvlug,sê die Here.

Amos 2