6. So sê die Here:Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy nog sondes daarby gevoeg:hulle verkoop onskuldige mense vir geld,arm mense oor 'n paar sandale;
7. hulle trap swakkes se koppe plat in die gronden veronreg dié wat hulleself nie kan verweer nie;pa en seun kuier by dieselfde meisieen doen my heilige Naam oneer aan;
8. langs elke altaar strek die Israeliete hulle uitop klere wat as pand gevat is;in die huis van hulle Goddrink hulle die wyn van dié wat uitgebuit is.
9. Ek het die Amoriete wat hoog soos seders is,sterk soos eike, uitgeroei om vir julle plek te maak, Israeliete!