2 Samuel 9:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Hy het die koning geantwoord: “Ek is u onderdaan, ek sal doen net soos die koning my beveel het, en Mefiboset sal by u aan huis eet soos u eie kind.”

12. Mefiboset het 'n klein seuntjie gehad wie se naam Miga was. Die hele huishouding van Siba moes vir Mefiboset bedien.

13. Mefiboset, wie se voete gebreklik was, het in Jerusalem gebly, want hy het van toe af by die koning aan huis geëet.

2 Samuel 9