11. Koning Dawid het dit alles aan die Here gewy, en so ook die silwer en goud van al die nasies wat hy onderwerp het,
12. naamlik Aram, Moab, Ammon, die Filistyne en Amalek. Hy het dieselfde gedoen met sy buit van koning Hadad-Eser van Soba, seun van Regob.
13. Na sy oorwinning oor Aram het Dawid vir hom naam gemaak toe hy agtien duisend man van Edom in die Soutvlakte verslaan het.
14. Hy het oral in Edom militêre poste ingerig, en die hele Edom het aan hom onderhorig geword. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.
15. Dawid was koning oor die hele Israel en hy het sy hele volk met reg en billikheid geregeer.
16. Joab seun van Seruja is aangestel oor die weermag, en Josafat seun van Agilud was hoof uitvoerende beampte.
17. Sadok seun van Agitub, en Agimelek seun van Abjatar was priesters, en Seraja was staatsekretaris.
18. Jojada se seun Benaja is aangestel oor die koning se Filistynse lyfwag. Dawid se seuns was priesters.