2 Samuel 24:6-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. en het hulle Gilead deurgegaan tot by die land onderkant Kades. Toe het hulle by Dan gekom en daarvandaan is hulle oor Sidon,

7. waarna hulle by die vesting Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete gekom het. Toe is hulle af na Berseba toe in die suide van Juda.

8. Hulle het die hele land deurreis en na nege maande en twintig dae weer in Jerusalem teruggekom,

9. en Joab het die uitslag van die telling aan die koning gegee. Israel was ag honderd duisend weerbare man wat kon oorlog maak en Juda vyf honderd duisend.

10. Nadat hy die volk laat tel het, het Dawid se gewete hom gekwel. Hy het teenoor die Here bely:“Ek het swaar gesondig met wat ek gedoen het.Vergewe tog nou my oortreding, Here!Waarlik, ek het baie dwaas opgetree.”

11. Nadat Dawid die oggend opgestaan het, het die profeet Gad, die siener van Dawid, na hom toe gekom.Die woord van die Here het tot Gad gekom en gesê:

12. “Gaan sê vir Dawid: So het die Here gesê: Ek lê drie dinge aan jou voor. Kies vir jou een daarvan, dan sal Ek dit laat gebeur.”

13. Gad het toe vir Dawid die boodskap gebring: “Wat wil jy liewer hê? Sewe jaar hongersnood in jou land, of drie maande waarin jy voor jou teenstanders vlug en hulle jou agtervolg, of drie dae lank pes in jou land? Oorweeg nou goed hoe ek Hom wat my gestuur het, moet antwoord.”

14. Dawid het vir Gad geantwoord: “Ek is in 'n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want sy genade is groot. Ek wil nie in die hand van 'n mens val nie.”

15. Daarna het die Here 'n pes van die oggend af tot die aand onder Israel ingestuur. Van die noorde tot die suide het daar sewentig duisend gesterf.

16. Net toe die engel sy hand na Jerusalem toe uitsteek om dit te verdelg, het die Here besluit om die straf nie verder te voer nie. Hy het vir die engel wat die verderf onder die volk aanrig, gesê: “Dis nou genoeg. Trek jou hand terug.”Die engel van die Here was toe net by die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.

2 Samuel 24