1. Op 'n keer was die Here vertoorn op Israel. Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: “Gaan tel die Israeliete en die Judeërs.”
2. Die koning het vir Joab, die hoof van die leër, wat by hom was, gesê: “Trek rond deur al die Israelitiese stamme van die noorde tot die suide en tel die volk. Ek wil weet hoeveel hulle is.”
3. Joab het die koning geantwoord: “Selfs al sou die Here u God die volk honderd maal laat vermeerder en die koning sien dit self, watter genot sou dit u verskaf?”
4. Toe die koning egter vir Joab en die leëroffisiere nadruklik so beveel, is hulle van hom af weg om die volk te tel.