6. Maar die goddelose is soos doringtakke wat alles weggegooi word;niemand vat met die hand daaraan nie.
7. Wie daarmee werk, doen dit met yster of hout.In 'n vuur brand hulle heeltemal uit.”
8. Die volgende dapper manne was by Dawid: Joseb-Bassebet die Tagkemoner was hoof van die driemanskap. Hy het met sy spies ag honderd man in een veldslag laat sneuwel.
9. Eleasar seun van Dodo uit Agoag was onder hom. Hy was een van die drie helde by Dawid toe die Filistyne by Garpam bymekaargekom het om te veg. Toe die Israeliete teen die hange uit vlug,
10. het hy bly staan en Filistyne afgemaai totdat hy later nie meer sy hand kon oopmaak om sy swaard te los nie. Daardie dag het die Here groot uitkoms gegee. En toe eers het die manskappe vir Eleasar gevolg, net om te plunder.
11. Onder hom was Agee se seun Samma, uit Harar. Die Filistyne het bymekaargekom by Legi waar 'n land vol lensies was. Toe die leër vir die Filistyne vlug,
12. het hy by daardie akker gaan stelling inneem en dit beskerm. Hy het die Filistyne verslaan, en die Here het groot uitkoms gegee.
13. Op 'n keer het drie van die dertig leiers afgetrek en in die oestyd by die Adullamgrot by Dawid aangekom. Die kamp van die Filistyne was in die Spooklaagte.
14. Dawid was toe in 'n bergskuiling, en die Filistyne het Betlehem beset.
15. Dawid het baie dors geword en gesug: “Ag, as iemand my tog net water uit die put in Betlehem se poort kon laat drink!”
16. Die drie helde het toe deur die Filistynse kamp geglip en water uit die put in Betlehem se poort vir Dawid gebring, maar hy wou dit nie drink nie.Hy het dit as 'n offer vir die Here uitgegiet
17. en gesê: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek dit sou drink. Is dit nie so goed as die bloed van die manne wat met lewensgevaar gegaan het nie?”Daarom wou hy dit nie drink nie.Dit het die drie helde gedoen.