2 Samuel 23:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hier volg die laaste woorde van Dawid:“Dit is Dawid seun van Isai wat praat.Dit is 'n man wat praat, een wat hoog geplaas is,die gesalfde van die God van Jakob,die gevierde in die liedere van Israel:

2. “Die Gees van die Here het deur my gepraat,ja, sy woord was op my lippe.

3. Die God van Israel het gepraat,die Rots van Israel het vir my gesê:‘Hy wat regverdig oor mense heers,wat regeer in eerbied teenoor God,

4. is soos die môrelig as die son opkomop 'n oggend sonder wolke;dit skitter na die reën;die gras skiet op uit die grond.’

2 Samuel 23