4. Onder bespotting roep ek na die Here,dan word ek van my vyande gered.
5. Waarlik, golwe van die dood het my omsluit,strome van onheil het my verskrik.
6. Bande van die doderyk het my vasgetrek,strikke van die dood het my bedreig.
7. In my nood roep ek na die Here,ja, ek roep om hulp na my God.In sy paleis hoor Hy my geroep.Ek roep na Hom om hulp,en Hy luister na my.
8. Die aarde het geskud en gebewe,die fondamente van die hemel het getril en geskud,want Hy was vertoorn.
9. Rook het uit sy neus getrek,vuur uit sy mond het alles verteer,gloeiende kole uit sy binneste.
10. Hy het die hemel afgebuig en afgekom,onder sy voete was duisternis.
11. Hy het op 'n gerub geklim en gevlieg;op die vleuels van die wind het Hy verskyn.
12. Hy het Hom in donkerte gehul,donker waters en wolkemassas was sy bedekking.
13. Uit die gloed voor Hom het weerligstrale geblits.
14. Die Here het dit uit die hemel laat dreun,die Allerhoogste het sy stem laat hoor.
15. Hy het sy pyle afgeskieten die vyand uitmekaar gejaag,hulle met weerligstrale op loop gejaag.
16. Die seebodem het sigbaar geword,die fondamente van die aarde is blootgelêdeurdat U, Here, op hulle gebulder het met die orkaan van u toorn.
17. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp,my uit geweldige waters uitgelig.