2 Samuel 22:39-44 Afrikaans 1983 (AFR83)

39. Ja, ek het hulle verpletter,sodat hulle nie weer kon opstaan nie.Hulle het voor my voete gesneuwel.

40. U het my met krag omgord vir die stryd,U het my teëstanders voor my laat swig.

41. U het my vyande voor my laat vlugen ek kon my haters uitwis.

42. Hulle roep om hulp,en daar is niemand wat help nie;hulle roep selfs na die Here,maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek maak hulle fyn soos stof,ek laat hulle wegspat soos modder in die strate,ja, ek vermorsel hulle.

44. U het my gered van opstandige mense,my as hoof van vreemde nasies aangestel.'n Volk wat ek nie geken het nie, is my onderdane.

2 Samuel 22