2 Samuel 22:23-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. ek het my deur al sy bepalings laat leien nie van sy voorskrifte afgewyk nie.

24. Ek was opreg voor Hom,ek was op my hoede teen enige ongeregtigheid.

25. Die Here het aan my reg laat geskiedwant ek was onskuldig in sy oë.

26. U betoon U getrou teenoor die getroue,opreg teenoor die opregte,

27. rein teenoor die reine,maar U verwerp die huigelaar.

28. U red die verdrukte volk,U verneder die trotses.

29. U, Here, laat my lamp helder skyn;my God gee lig as dit donker is om my.

30. Met u hulp loop ek 'n oormag storm,met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.

31. Wat God doen, is volmaak;wat die Here sê, is suiwer.Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.

32. Waarlik, wie anders as die Here is God?Ja, wie anders as ons God is 'n rots?

33. God omgord my met krag;Hy maak my pad voorspoedig.

34. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok;op hoë plekke laat Hy my stewig staan.

35. Hy leer my hande om oorlog te maak,my arms om selfs die stramste boog te span.

36. Die redding wat U gebring het,was vir my 'n beskerming,deur u hulp het ek sterk geword.

2 Samuel 22