20. Hy het my in vryheid laat uitgaan,my gered omdat Hy my liefhet.
21. Die Here het aan my reg laat geskied,Hy het my onskuld aanvaar,
22. want ek het my aan sy voorskrifte gehouen my nie teenoor my God skuldig gemaak nie;
23. ek het my deur al sy bepalings laat leien nie van sy voorskrifte afgewyk nie.
24. Ek was opreg voor Hom,ek was op my hoede teen enige ongeregtigheid.
25. Die Here het aan my reg laat geskiedwant ek was onskuldig in sy oë.
26. U betoon U getrou teenoor die getroue,opreg teenoor die opregte,
27. rein teenoor die reine,maar U verwerp die huigelaar.