2 Samuel 22:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Die seebodem het sigbaar geword,die fondamente van die aarde is blootgelêdeurdat U, Here, op hulle gebulder het met die orkaan van u toorn.

17. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp,my uit geweldige waters uitgelig.

18. Hy het my gered van my vyand wat sterk was,van my haters toe hulle vir my te magtig was.

19. Die dag toe hulle my aangeval het, was my ondergang naby,maar die Here het my daarvan bewaar.

20. Hy het my in vryheid laat uitgaan,my gered omdat Hy my liefhet.

2 Samuel 22