2 Samuel 13:9-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Maar toe sy die pan neem en dit vir hom neersit, het Amnon geweier om te eet.Hy het beveel: “Gaan julle ander almal weg hier van my af.”Toe hulle weg is,

10. het Amnon vir Tamar gesê: “Bring jy die kos hier na die kamer toe sodat ek dit uit jou hand kan eet.”Tamar het die broodjies wat sy gereed gemaak het, na haar broer in die kamer gebring.

11. Net toe sy naby hom kom om hom te laat eet, gryp hy haar vas en sê vir haar: “My suster, kom lê hier by my.”

12. “Nee, my broer,” sê sy vir hom, “moet my nie onteer nie, want so iets word nie in Israel gedoen nie. Moet nou nie 'n dwaas ding doen nie.

13. Hoe sal ek my skande kan wegsteek? En jý sal in die oë van Israel 'n dwaas wees. Praat liewer met die koning, want hy sal ons toelaat om te trou.”

14. Amnon wou nie na haar luister nie. Hy het haar gepak en verkrag.

2 Samuel 13