1. Na hierdie gebeure is die koning van die Ammoniete oorlede. Sy seun Ganun het hom opgevolg,
2. en Dawid het gedink: “Ek wil met Nagas se seun Ganun op goeie voet bly, want sy pa was my goedgesind.”Dawid het toe gesante na hom toe gestuur om deelneming te betuig met die dood van sy pa. Toe die gesante van Dawid in die land van die Ammoniete kom,
3. het die leiers van die Ammoniete vir hulle koning Ganun gesê: “Dink u werklik Dawid vereer u vader deur gesante te stuur om met u te simpatiseer? Het hy nie eerder gesante na u toe gestuur om die stad deur te kyk en te verken sodat hy dit kan oorweldig nie?”