21. Gilboaberge! Offerland!Nóg dou, nóg reën vir julle!Waarlik, dáár is die heldeskild besoedel.Saul se skild — dit is nie met olie ingesmeer nie
22. maar met bloed van gesneuweldes,met vet van helde!Jonatan se boog — dit het pal gestaan.Saul se swaard — dit het sy werk goed gedoen.
23. Saul en Jonatan, geliefde en beminde mense —in lewe en sterwe nie geskei nie.Hulle was vinniger as arende,sterker as leeus.
24. Israelitiese dogters, julle moet huil oor Saul!Hy het julle beklee met sierlike klere,goue sierade het hy daarop laat aanbring.
25. Hoe het die helde geval?In die hitte van die stryd!Jonatan lê verslaan op die hoogtes.
26. Ek is bedroef oor jou, my broer Jonatan.Jy was baie na aan my hart.Jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van enige vrou.
27. Hoe het die helde geval?Met die wapen in die hand het hulle omgekom!”