4. Die waterbak het gerus op twaalf gegote beeste, drie na die noorde, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste gerig. Die waterbak was bo-oor hulle, en almal se agterkante was onder die bak in.
5. Die waterbak was nege sentimeter dik en sy rand was soos 'n beker se rand in die vorm van die kelk van 'n lelie. Dit kon ses en sestig kiloliter bevat.
6. Hy het tien waskomme gemaak en vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant gesit. Daarin spoel hulle die offergereedskap af. Die waterbak is vir die priesters om in te was.
7. Hy het tien goue kandelaars gemaak volgens voorskrif en hulle in die voorste heiligdom gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.
8. Hy het tien tafels gemaak en in die voorste heiligdom gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant. Hy het honderd goue komme vir besprinkeling gemaak.
9. Hy het die voorhof van die priesters ingerig en die groot binneruimte, met deure vir die binneruimte. Albei se deure het hy met brons oorgetrek.