6. Jotam het magtig geword, want hy het sy pad reg gehou voor die Here sy God.
7. Die ander verhale oor Jotam, al sy oorloë en sy lewensloop, is opgeteken in die annale van die konings van Israel en Juda.
8. Hy was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer.
9. Jotam is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Agas het hom as koning opgevolg.