2 Kronieke 27:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Jotam het die boonste poort van die tempel laat bou en baie bouwerk gedoen aan die Ofelmuur.

4. In die Judaberge het hy stede laat bou, en in die bosse skanse en forte.

5. Hy het in 'n oorlog teen die koning van die Ammoniete die oorwinning behaal, en die Ammoniete moes daardie jaar aan hom byna drie en 'n halwe ton silwer, sestien honderd en vyftig ton koring en dertien honderd en twintig ton gars betaal. Hulle moes dieselfde hoeveelhede die volgende en die daaropvolgende jaar betaal.

6. Jotam het magtig geword, want hy het sy pad reg gehou voor die Here sy God.

7. Die ander verhale oor Jotam, al sy oorloë en sy lewensloop, is opgeteken in die annale van die konings van Israel en Juda.

2 Kronieke 27