3. Ook hy het die pad van die koningshuis van Agab geloop; sy ma was die een wat hom die raad gegee het om so verkeerd op te tree.
4. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos die koningshuis van Agab, want na sy pa se dood was hulle sy raadgewers, en dit het sy ondergang beteken.
5. Dit was ook op hulle advies dat hy saam met Joram seun van koning Agab van Israel betrokke geraak het in 'n oorlog teen koning Gasael van die Arameërs in Ramot in Gilead. Joram is deur die Arameërs gewond
6. en is terug na Jisreël toe om te genees van die wonde wat hy in Ramot opgedoen het toe hy teen die Aramese koning Gasael geveg het. Koning Asarja van Juda, seun van Joram, het vir Joram seun van Agab in Jisreël gaan besoek, want Joram was siek.