2 Kronieke 22:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Een van die prinsesse, Jehoseba, het egter vir Joas, 'n seun van Ahasia, gegryp en hom stilletjies weggevat tussen die prinse wat doodgemaak sou word. Sy het hom en sy oppasster na 'n slaapkamer toe geneem en hom daar weggesteek sodat Atalia hom nie kon kry om hom te laat doodmaak nie. Jehoseba was 'n dogter van koning Joram en 'n suster van Ahasia. Sy was getroud met die priester Jojada.

12. Joas is ses jaar by hulle in die tempel versteek, en in dié tyd het Atalia die land geregeer.

2 Kronieke 22