2 Kronieke 22:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die inwoners van Jerusalem het vir Ahasia, die jongste seun van Joram, koning gemaak in sy pa se plek. Die ouer seuns is dood toe die bende Arabiere die inval gemaak het. So het Ahasia seun van koning Joram van Juda aan die bewind gekom.

2. Hy was twee en veertig toe hy koning geword het en was 'n jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Atalia, 'n dogter van Omri.

3. Ook hy het die pad van die koningshuis van Agab geloop; sy ma was die een wat hom die raad gegee het om so verkeerd op te tree.

4. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos die koningshuis van Agab, want na sy pa se dood was hulle sy raadgewers, en dit het sy ondergang beteken.

5. Dit was ook op hulle advies dat hy saam met Joram seun van koning Agab van Israel betrokke geraak het in 'n oorlog teen koning Gasael van die Arameërs in Ramot in Gilead. Joram is deur die Arameërs gewond

2 Kronieke 22