2 Kronieke 20:29-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Al die koninkryke was van skrik bevange vir God toe hulle hoor dat die Here oorlog gevoer het teen die vyande van Israel.

30. Die heerskappy van Josafat het rustig voortgegaan, en sy God het hom na alle kante toe rus gegee.

31. Josafat het oor Juda geregeer. Hy was vyf en dertig toe hy koning geword het en het vyf en twintig jaar lank in Jerusalem geregeer. Sy ma was Asuba 'n dogter van Silgi.

32. Hy het die pad van Asa, sy pa, geloop en daar nie van afgewyk nie. Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here.

33. Die hoogtes het egter nie verdwyn nie, en die volk het hulle hart nog nie voluit op die God van hulle voorvaders gerig nie.

34. Die ander verhale oor Josafat, dié van vroeër en dié van later, is opgeteken in Die Verhale van Jehu Seun van Ganani, wat opgeneem is in die annale van die konings van Israel.

2 Kronieke 20