2 Konings 3:17-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Kyk, so sê die Here: Julle sal nie wind of reën sien nie, en tog sal hierdie vallei vol water word, sodat julle en julle slagvee en julle pakdiere kan drink.

18. Vir die Here is dit maar iets gerings om te doen: Hy sal ook vir Moab in julle mag oorgee.

19. Julle sal al hulle vestingstede, die uitsoekstede, inneem, al die mooi bome uitkap, al die fonteine toestop, en al die mooi lande vol klippe gooi.”

20. Die volgende môre, teen die tyd dat die offer gewoonlik gebring word, het daar onverwags water uit die rigting van Edom gekom, en die hele gebied het vol water geloop.

21. Die Moabiete het verneem dat die konings opruk om teen hulle te veg. Almal wat bewapen kon word, jonk en oud, is opgekommandeer en het by die grens gaan stelling inneem.

2 Konings 3