2 Konings 3:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. en hy het gesê: “So sê die Here: Daar sal damme en damme water in hierdie vallei staan.

17. Kyk, so sê die Here: Julle sal nie wind of reën sien nie, en tog sal hierdie vallei vol water word, sodat julle en julle slagvee en julle pakdiere kan drink.

18. Vir die Here is dit maar iets gerings om te doen: Hy sal ook vir Moab in julle mag oorgee.

19. Julle sal al hulle vestingstede, die uitsoekstede, inneem, al die mooi bome uitkap, al die fonteine toestop, en al die mooi lande vol klippe gooi.”

20. Die volgende môre, teen die tyd dat die offer gewoonlik gebring word, het daar onverwags water uit die rigting van Edom gekom, en die hele gebied het vol water geloop.

2 Konings 3