2 Konings 19:22-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Vir wie het jy beledig en belaster?Vir wie het jy geskreeu en uitgedaag?Die Heilige van Israel!

23. Deur jou gesante het jy die Here geminag toe jy gesê het:‘Ek het met my wa teen die hoogste berge op gery,na die toppe van die Libanon toe;ek het sy hoogste seders afgekap, sy mooiste sipresse.Ek het sy verste skuilhoeke binnegedring, sy digste bosse.

24. Ek het na water gegrawe in ander lande en dit gedrink,met my voetsole al die opgedamde riviere laat opdroog.’

25. “So sê die Here vir jou, Sanherib: Het jy dan nie gehoor nie,Ék het dit bewerk, lank gelede al,van die vroegste tye af het Ek dit voorbereien Ek het dit nóú laat gebeur:jy moes vestingstede verwoesen puinhope van hulle maak.

26. Hulle inwoners was magteloos,verskrik en sonder raad,soos veldplante, soos groen gras,soos gras op 'n huis se dak:dit verskroei voor dit behoorlik staan.

27. Of jy sit of gaan of kom, Ek weet dit,Ek weet hoe jy teen My te kere gegaan het.

28. Omdat jy dit gedoen het,omdat Ek jou verwaande woorde moes aanhoor,sit Ek 'n haak deur jou neusen 'n stang tussen jou tandeen lei Ek jou terug op die padwaarmee jy gekom het.

29. “Vir jou, Hiskia, gee Ek die volgende teken: vanjaar sal julle die opslag eet en volgende jaar wat dan opslaan, maar in die jaar daarna sal julle saai en oes, wingerde plant en druiwe eet.

30. Dié van Juda wat die beleg oorleef het en oorgebly het, sal weer soos plante wortel skiet en vrugte dra.

2 Konings 19