1. Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns as leiers oor Israel aangestel.
2. Die oudste se naam was Joël en dié van die tweede Abia. Hulle was leiers in Berseba.
3. Maar Samuel se seuns was nie soos hy nie: hulle het hulle verryk ten koste van ander, het omkoopgeskenke aangeneem en die regspraak verdraai.
4. Al die leiers van Israel het bymekaargekom en na Samuel toe in Rama gegaan.
5. Hulle het vir hom gesê: “Kyk, u het oud geword. U kinders is nie soos u nie. Stel nou liewer 'n koning oor ons aan om oor ons te regeer, soos dit by al die nasies is.”