1 Samuel 29:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Filistyne het hulle hele leër bymekaargemaak by Afek, en Israel het kamp opgeslaan by die fontein in Jisreël.

2. Terwyl die regeerders van die Filistyne met honderde en duisende verby trek en Dawid en sy manne heel laaste saam met Akis verby gaan,

3. het die leiers van die Filistyne gesê: “Wat maak hierdie Hebreërs hier?”Akis het vir die leiers van die Filistyne gesê: “Dit is maar net Dawid, die onderdaan van koning Saul van Israel, wat al geruime tyd by my is. Vandat hy afvallig geword het tot nou toe het ek niks teen hom gevind nie.”

1 Samuel 29