1 Samuel 21:9-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die priester het hom geantwoord: “Die swaard van Goliat die Filistyn, vir wie u in die dal by die groot boom verslaan het, is hier, toegedraai in 'n mantel agter die skouerkleed. Vat dit vir u as u wil, want in hierdie plek is daar niks behalwe hierdie een nie.”En Dawid sê: “Daar is nie nog so een nie. Gee dit vir my.”

10. Hierná het Dawid klaargemaak en dieselfde dag nog van Saul af weggevlug na koning Akis van Gat toe.

11. Akis se amptenare het vir hom gesê: “Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Sing hulle nie vir hom in koordanse nie:“Saul het sy duisende verslaan,maar Dawid sy tienduisende!”

12. Toe Dawid besef wat hulle sê, het hy baie bang geword vir koning Akis van Gat.

13. Daarom het Dawid hom voor die Filistyne waansinnig gehou, en terwyl hy by hulle was, het hy hom soos 'n mal mens gedra. Hy het teen die deure van die poort gekrap en sy spoeg in sy baard laat afloop.

14. Akis het vir sy amptenare gesê: “Julle kan mos sien die man is mal. Waarom bring julle hom na my toe?

1 Samuel 21