33. Samuel het vir hom gesê: “Soos jou swaard vrouens kinderloos gemaak het, so sal jou ma onder die vrouens kinderloos wees.”En Samuel het vir Agag in stukke gekap voor die Here in Gilgal.
34. Samuel het na Rama toe gegaan, terwyl Saul na sy huis toe in Gibea gegaan het.
35. Tot die dag van sy dood het Samuel nie weer vir Saul gesien nie. Samuel het oor Saul getreur, en die Here was bedroef daaroor dat Hy vir Saul koning oor Israel gemaak het.