9. Dan was daar ook nog hulle verwante volgens hulle stamboom, altesaam nege honderd ses en vyftig. Al hierdie manne was familiehoofde in hulle families.
10. Van die priesters was daar Jedaja, Jojarib, Jakin
11. en Asarja seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, die hoof van die tempel.
12. Verder was daar Adaja seun van Jerogam, seun van Pasgur, seun van Malkija, en Masai seun van Adiël, seun van Jagsera, seun van Mesullam, seun van Mesillemot, seun van Immer.