28. Party van die Leviete moes vir die offergereedskap sorg, want hulle moes elke keer die regte getal voorsien en die regte getal terugneem.
29. Party van hulle moes vir die ander gereedskap sorg, al die gereedskap wat in die heiligdom gebruik is, en vir die meel, die wyn, die olie, die wierook en die speserye.
30. Party lede van die priesterorde het die speserysalf gemeng.
31. Een van die Leviete, Mattitja, en die oudste seun van die Koragiet Sallum, was amptelik verantwoordelik vir die bakkery.
32. Van hulle ampsgenote uit die Kehatgeslag moes sorg dat die offerbrood elke sabbat reggesit word.
33. Sommige Levitiese familiehoofde was verantwoordelik vir die tempelsang. Hulle het in die kamers gebly, en was vrygestel van ander diens sodat hulle voltyds aandag kon gee aan hulle taak.
34. Dit is dan die Levitiese familiehoofde wat volgens hulle stamboom die leiers was. Hulle het in Jerusalem gewoon.