1. Die hele Israel is in registers opgeneem. Hulle name staan opgeteken in die annale van die konings van Israel.Die Judeërs is na Babel toe weggevoer oor hulle troubreuk.
2. Die eerste inwoners wat hulle daarna op hulle eie grond in hulle stede gevestig het, was naas die gewone Israeliete die priesters, die Leviete en die tempelslawe.
3. In Jerusalem het daar van die Judeërs, Benjaminiete, Efraimiete en Manassers gewoon:
4. Utai seun van Ammihud, seun van Omri, seun van Imri, seun van Bani, uit die seuns van Peres seun van Juda;
5. van die mense van Silo: Asaja, die oudste seun, en sy seuns;