1 Kronieke 6:56-71 Afrikaans 1983 (AFR83)

56. Die lande van die stad met sy dorpies is egter aan Kaleb seun van Jefunne gegee.

57. Aan die Aärongeslag het hulle behalwe die asielstad Hebron ook nog gegee: Libna met sy weivelde, Jattir, Estemoa met sy weivelde,

58. Golon met sy weivelde, Debir met sy weivelde,

59. Asan met sy weivelde en Bet-Semes met sy weivelde,

60. en in die Benjamingebied ook nog Geba, Alemet en Anatot, elkeen met sy weivelde. Hulle het altesaam dertien stede vir hulle geslagte gehad.

61. Aan die oorblywende Kehatgeslagte het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam toegewys.

62. Aan die Gersongeslagte het hulle in die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en in die stamgebied van Manasse in Basan dertien stede toegewys.

63. Aan die Merarigeslagte het hulle met die lot twaalf stede toegewys in die stamgebiede van Ruben, Gad en Sebulon.

64. Die Israeliete het vir die Leviete die stede saam met hulle weivelde gegee.

65. Hulle het die stede wat opgenoem is, met die lot toegewys in die stamgebied van die Judeërs, die stamgebied van die Simeoniete en die stamgebied van die Benjaminiete.

66. Wat die Kehatgeslagte betref, die stede waaroor hulle beskikking gehad het, was in die stamgebied van Efraim.

67. Aan hulle is die asielstad Sigem in die Efraimsberge gegee saam met sy weivelde, sowel as Geser,

68. Jokmeam, Bet-Goron,

69. Ajalon en Gat-Rimmon, elkeen met sy weivelde.

70. In die stamgebied van die halwe Manassestam is Aner met sy weivelde en Jibleam met sy weivelde aan die geslag van die oorblywende Kehatiete gegee.

71. Die Gersoniete het in die stamgebied van die halwe Manassestam Golan in Basan met sy weivelde gekry sowel as Astarot met sy weivelde;

1 Kronieke 6