1 Kronieke 2:42-53 Afrikaans 1983 (AFR83)

42. Die geslag van Kaleb, Jeragmeël se broer, was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was die vader van Sif, terwyl die seun van Maresa die vader van Hebron was.

43. Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema.

44. Sema was die vader van Ragam, vader van Jorkoam. Rekem was die vader van Sammai.

45. Sammai het 'n seun Maon gehad, en Maon was die vader van Bet-Sur.

46. Kaleb se byvrou Efa het vir Garan, Mosa en Gases in die wêreld gebring. Garan was die vader van Gases.

47. Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.

48. Nog 'n byvrou van Kaleb, Maäka, het vir Seber en Tirgana in die wêreld gebring.

49. Sy het ook vir Saäf, vader van Madmanna, en vir Sewa, vader van Makbena en Giba, in die wêreld gebring. Aksa was 'n dogter van Kaleb.

50. Dit dan was Kaleb se nakomelinge.Die seuns van Gur, die oudste seun van Efrata, was Sobal vader van Kirjat-Jearim,

51. Salma vader van Betlehem, en Garef vader van Bet-Gader.

52. Uit Sobal vader van Kirjat-Jearim het gekom: Reaja, die helfte van Managat se mense,

53. en die volgende geslagte van Kirjat-Jearim: die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die Soraners en Estaolers voortgekom.

1 Kronieke 2