1 Kronieke 2:41-48 Afrikaans 1983 (AFR83)

41. Sallum van Jekamja en Jekamja die vader van Elisama.

42. Die geslag van Kaleb, Jeragmeël se broer, was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was die vader van Sif, terwyl die seun van Maresa die vader van Hebron was.

43. Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema.

44. Sema was die vader van Ragam, vader van Jorkoam. Rekem was die vader van Sammai.

45. Sammai het 'n seun Maon gehad, en Maon was die vader van Bet-Sur.

46. Kaleb se byvrou Efa het vir Garan, Mosa en Gases in die wêreld gebring. Garan was die vader van Gases.

47. Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.

48. Nog 'n byvrou van Kaleb, Maäka, het vir Seber en Tirgana in die wêreld gebring.

1 Kronieke 2