1 Kronieke 2:32-42 Afrikaans 1983 (AFR83)

32. Jada se seuns was Agi, Sammai, Jeter en Jonatan. Jeter het kinderloos gesterf.

33. Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Hierdie mense was almal nakomelinge van Jeragmeël.

34. Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Hy het 'n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad,

35. en hy het toe 'n dogter van hom met sy slaaf Jarga laat trou. Sy het vir Jarga 'n seun Attai in die wêreld gebring.

36. Attai was die vader van Natan, Natan die vader van Sabad,

37. Sabad van Eflal, Eflal van Obed,

38. Obed van Jehu, en Jehu die vader van Asarja.

39. Asarja was die vader van Geles, Geles van Elasa,

40. Elasa van Sismai, Sismai van Sallum,

41. Sallum van Jekamja en Jekamja die vader van Elisama.

42. Die geslag van Kaleb, Jeragmeël se broer, was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was die vader van Sif, terwyl die seun van Maresa die vader van Hebron was.

1 Kronieke 2