1 Kronieke 12:7-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Joëla en Sebadja, seuns van Jerogam, uit Gedor.

8. Daar het ook van die Gadiete oorgeloop na Dawid toe, na sy bergskuiling toe in die woestyn. Hulle was helde, krygsmanne, reg vir oorlog, bewapen met 'n groot skild en 'n spies, vreesaanjaend soos leeus en so vinnig soos wildsbokke op die berge.

9. Eser was die hoof, Obadja tweede in rang, Eliab derde,

10. Mismanna vierde, Jeremia vyfde,

11. Attai sesde, Eliël sewende,

12. Joganan agste, Elsabad negende,

13. Jeremia tiende, Makbannai elfde.

14. Hulle was van die mense uit Gad, hoofmanne van die leër; die kleinste van hulle kon man-alleen staan teen honderd, die grootste teen duisend.

15. Dit was hulle wat in die reëntyd die Jordaan oorgesteek het toe hy vol was tot oor altwee sy walle en al die laagtes oos en wes volgestoot het.

16. Toe daar van die Benjaminiete en Judeërs na Dawid toe gekom het in die bergskuiling,

17. het hy na hulle toe uitgekom en geroep: “As julle in vrede na my toe gekom het om my te help, is ons bondgenote en is ek bereid om julle leier te wees, maar as julle gekom het om my aan my vyande te verraai, terwyl ek geen misdaad begaan het nie, mag die God van ons voorvaders dit dan raaksien en julle straf.”

1 Kronieke 12