1 Kronieke 1:36-44 Afrikaans 1983 (AFR83)

36. Die seuns van Elifas was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Amalek.

37. Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa.

38. Die seuns van Seïr was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.

39. Die seuns van Lotan was Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.

40. Die seuns van Sobal was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Die seuns van Sibon was Aja en Ana.

41. Die seun van Ana was Disan. Die seuns van Disan was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

42. Die seuns van Eser was Bilhan, Saäwan en Akan. Die seuns van Dison was Us en Aran.

43. Hier volg nou die name van die konings wat in Edom geregeer het voordat konings oor die Israeliete geregeer het: eers Bela seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba.

44. Na Bela se dood het Jobab seun van Serag, uit Bosra, hom as koning opgevolg.

1 Kronieke 1