1 Korintiërs 12:4-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee;

5. daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee;

6. daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring.

7. Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.

1 Korintiërs 12