1 Korintiërs 12:24-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom,

25. sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra.

26. As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.

27. Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.

28. En in die kerk is daar mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik.

29. Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen?

30. Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê?

31. Lê julle toe op die beste genadegawes.

1 Korintiërs 12