41. die twee pilare met die komvormige skywe, die kapitele bo-aan die twee pilare, en ook die roosters waarmee die skywe van die kapitele bo-aan die pilare toegemaak is;
42. die vier honderd granate vir die twee roosters, 'n dubbele ry granate vir elke rooster waarmee die skywe van die kapitele bo-aan die pilare toegemaak is.
43. Hy het ook die tien waentjies met die tien waskomme daarop gemaak,
44. die waterbak met die twaalf beeste daaronder,
45. die potte, die skoppe, die komme vir besprinkeling en al die toebehore van die heiligdom. Hiram het dit vir koning Salomo vir die huis van die Here gemaak van gepoleerde brons.
46. Die koning het dit in die omgewing van die Jordaan, tussen Sukkot en Saretan, in kleivorms laat giet.
47. Salomo het al die goed op hulle plekke laat sit. Daar is so baie brons gebruik dat dit nie geweeg kon word nie.
48. Salomo het ook al die toerusting vir die huis van die Here laat maak: die goue altaar, die goue tafel vir die offerbrood;
49. die kandelaars van suiwer goud, vyf regs en vyf links voor die binneste heiligdom; die blomkelke, die lampe en die goue pithouers;
50. die bakke, die skêre, die komme vir besprinkeling, die panne en die vuurbakke, alles van suiwer goud. Ook die skarniere aan die deure van die binneste vertrek, die Allerheiligste, en dié aan die deure van die voorste heiligdom was van goud.
51. Nadat al die werk wat koning Salomo aan die huis van die Here gedoen het, afgehandel was, het hy die gewyde gawes van Dawid, sy pa, ingebring. Die silwer en die goud en die toebehore het hy in die voorraadkamers van die huis van die Here gesit.