1 Konings 21:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Sy skryf toe briewe in die naam van Agab en sit sy seëlafdruk daarop, en sy stuur die briewe aan die leiers en die ampsdraers van Nabot se stad.

9. Sy het geskryf:“Kondig 'n vasdag aan en laat Nabot heel voor in die vergadering sit.

10. Laat twee gewetelose manne teenoor hom sit en laat hulle teen hom getuig: ‘Jy het 'n vloek uitgespreek teen God en teen die koning.’ Vat hom dan uit en gooi hom met klippe dood.”

11. Die leiers en die ampsdraers in Nabot se stad het toe gedoen soos Isebel hulle beveel het in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.

12. Hulle het 'n vasdag aangekondig en vir Nabot heel voor in die vergadering laat sit.

13. Toe kom sit daar twee gewetelose manne teenoor hom en hulle getuig teen Nabot in die vergadering en sê: “Nabot het 'n vloek uitgespreek teen God en teen die koning.”Daarop vat hulle vir Nabot uit die stad uit en gooi hom met klippe dood.

1 Konings 21