1 Konings 17:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Elia die Tisbiet was 'n bywoner uit Gilead. Hy het vir Agab gesê: “So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê.”

2. Die woord van die Here het tot Elia gekom en gesê:

3. “Gaan hiervandaan af ooswaarts en gaan versteek jou in Kritspruit, anderkant die Jordaan.

1 Konings 17