1 Konings 15:28-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Baesa het hom vermoor in die derde regeringsjaar van koning Asa van Juda en het hom as koning opgevolg.

29. Dadelik nadat Baesa koning geword het, het hy die hele familie van Jerobeam uitgeroei. Hy het nie een lewend laat oorbly nie, maar hulle almal omgebring. Dit was in ooreenstemming met wat die Here deur sy dienaar Agija van Silo gesê het.

30. Dit was die gevolg van die sondes wat Jerobeam gedoen het en wat hy Israel laat doen het. Daardeur het hy die Here die God van Israel uitgetart.

31. Die ander verhale oor Nadab en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in die annale van die konings van Israel.

32. Daar was deurentyd oorlog tussen Asa en koning Baesa van Israel.

33. Baesa seun van Agija het koning geword oor die hele Israel in die derde regeringsjaar van koning Asa van Juda en vier en twintig jaar in Tirsa geregeer.

34. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad van Jerobeam geloop en dieselfde sonde gedoen as dié waarmee Jerobeam vir Israel laat sondig het.

1 Konings 15