1 Konings 14:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Jerobeam se vrou het so gemaak. Sy het na Silo toe gegaan en by Agija se huis aangekom. Agija kon nie meer sien nie, hy was al blind van ouderdom.

5. Maar die Here het vir hom gesê: “Jerobeam se vrou kom jou raadpleeg oor haar seun wat siek is. Sê vir haar wat Ek vir jou sê.”Toe sy inkom, wou sy nog maak asof sy iemand anders is,

6. maar net toe Agija haar voetstappe hoor terwyl sy by die deur inkom, sê hy: “Kom binne, jy is die vrou van Jerobeam! Waarom maak jy asof jy iemand anders is? Ek het slegte nuus vir jou.

7. Gaan sê vir Jerobeam: ‘So sê die Here die God van Israel: Ek het jou 'n vername man gemaak onder die mense en jou as heerser aangestel oor my volk Israel.

8. Toe Ek die koningskap afgeskeur het van die huis van Dawid af, het Ek dit aan jou gegee. Maar jy was nie soos my dienaar Dawid wat hom aan my opdragte gehou het en wat sy hele lewe aan My toegewy het deur net te doen wat reg is in my oë nie.

1 Konings 14