1 Konings 14:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In dié tyd het Abia, 'n seun van Jerobeam, siek geword.

2. Jerobeam sê toe vir sy vrou: “Gaan vermom jou sodat die mense jou nie herken as Jerobeam se vrou nie. Gaan dan na Silo toe waar die profeet Agija is. Dit is hy wat gesê het dat ek koning sal word oor hierdie volk.

3. Vat tien brode en koeke en 'n kruik heuning saam en gaan na hom toe. Hy sal vir jou sê wat met die kind gaan gebeur.”

1 Konings 14