1 Konings 13:32-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

32. “Wat hy op bevel van die Here oor die altaar in Bet-El en oor al die heiligdomme op die hoogtes by die stede van Samaria gesê het, sal beslis net so gebeur.”

33. Jerobeam het hom hierna tog nie bekeer van sy verkeerde pad nie. Hy het aangehou om sommer uit die volk priesters vir die hoogtes aan te stel. Almal wat wou, het hy aangestel as priesters vir die hoogtes.

34. Dit was die sonde van die huis van Jerobeam en dit sou daartoe lei dat sy koningshuis vernietig en van die aarde af verdelg sou word.

1 Konings 13